23 March 2007

De Klash Feedback!

So, De Klash het toe plaasgevind en sjoe, ek dink nie in die geskiedenis van die kerk het jonk en oud al so geworstel vir 'n bietjie respek nie!

Die NeoGen span was al teen 17:29 gereed vir die stryd met spandrag en al - en het nog vir 'n tyd gewonder of hulle enigsins teenstaanders gaan hê. Teen 18:10 was die twee spanne, NeoGen en Old School, gereed om mekaar te wys wie die beste tou kan trek. In beide die mans en dames afdelings het Old School weggehol met 'n 2-1 oorwinning.

Vir die vasvra was NeoGen vasoortuig van 'n oorwinning, net om uit te vind hulle is op teen vier volwassenes wat net so wel by MTV kon werk, so baie weet hulle van populêre kultuur af. NeoGen wen die vasvra met 1 enkele punt.

Voor die laaste item, die hotdogeet kompetisie, is die telling NeoGen 18, Old School 17. Old School loop voor vir meeste van die kompetisie, maar Johan Breytenbach van NeoGen red toe die dag deur sy geheime wapen, die triple chomp, te gebruik. NeoGen en Old School speel gelykop (5 elk) na die hotdogeet kompetisie, wat beteken NeoGen wen op die ou end met 23 punte teenoor 22!

Dit was 'n baie naby einde en ons sal graag wil weet wat volgende jaar gebeur.

Om die dag se manewales te gewaar, download die video podcast, met komplimente van die SkaatsCast.

16 March 2007

De Klash

By ons kerk is daar nogal 'n groot gaping tussen die jeug en die volwasse kerk, bloot as gevolg van die feit dat die twee dienste van mekaar verskil soos dag en nag (alhoewel daar snaaks genoeg steeds 'n striking resemblance is).

Toe besluit ons om 'n tradisie te begin; groter as die jool, meer vermaaklik as resfest, meer oorspronklik as die Cape Town Jazz Festival... Ok, wel nie regtig nie, maar naby.

De Klash draai rondom twee verskillende "generasies", NeoGen en Old School, wat mekaar in uitdaag om te kyk kan wen in toutrek, vasvra en 'n hotdog eet kompetisie. Dit is die ultimate toets van 'n mens se vermoens - brains, brawn en gut!

Ons sal binnekort 'n bietjie terugvoering van die event af post, maar julle moet my nou eers verskoon; ek moet gou 20km gaan draf, 265kg bench en Robbeneiland toe en terug swem... mens kan nooit te seker wees nie.
[Que Rocky Tema Musiek]

11 March 2007

NeoGen Mixtape

Om jou blog-surfing plesier op NeoGen lekkerder te maak het ons 'n kuber-jukebox met tonne liedjies vir jou luisterplesier aangebring.

Die speler, wat jy aan die regterkant van die blog sal vind, het meer as 3h se musiek op een playlist en als van Christelike kunstenaars. "Om musiek te luister is 'n groot deel van my internet ondervinding," sê Steyn Strauss, direkteur van kreatiwiteit by NeoGen. "Mens is ook altyd opsoek na goeie Christelike musiek en baie mense leef onder die illusie dat daar nie so iets bestaan nie."

Die speler het 'n baie diverse variasie van genres en bands; van Hillsong United, Underoath, As I Lay Dying, Relient K en Jars of Clay, om net 'n paar op te noem. So luister gerus terwyl jy op die blog is en laat ons weet as jy van 'n spesifieke liedjie hou - dalk kan ons jou help om dit op te spoor.

09 March 2007

NeoGen maak 2 Tree63 aanhangers gelukkig

Saterdag 10 Maart speel Tree63 by His People in N1 Stad. NeoGen het besluit om vir twee gelukkige NeoGen Lede nog meer gelukkig te maak deur twee Tree63 kaartjies weg te gee. Hulle vlieg al die pad van hul nuwe tuiste in die VS van A om ons nie net te kom vermaak nie, maar ook iets van die grootheid van God te laat verstaan.

Die toer is genaamd “Tour the Beloved Country 2007” en hulle tree op by World Famous Blues Room in Johannesburg, Pretoria, Port Elizabeth, Pietermaritzburg, Durban, His People’s Church in Kaapstad, Potchefstroom, Bloemfontein en laastens by die Sandton Convention Centre.

Tree63 hoofsanger en guitarist sê: “Ons het al honderde uitstekende shows regoor die wêreld gespeel in die laaste paar jaar, maar hierdie toer van ons geliefde Suid Afrika het ons werklikwaar opgewonde. Ons kan nie wag om tuis te kom en vir ons aanhangers die beste Tree63 ervaring ooit te gee nie.

“Ons word die laaste tyd baie gevra of die gras werklik groener is aan die ander kant. Die antwoord is ‘n groot nee! Suid Afrika sal altyd ons huis bly – ons mis dit vreeslik baie en kan nie wag om daar te wees nie.”

DSG Live by AGS Goodwood

NeoGen DSG het onlangs live gespeel by AGS Goodwood, saam met The Singletrack en Prodigal Son. Daar het ongelooflik baie jongmense opgedaag en die saal was vol. Okay, darem nie vol nie, dit is darem 'n baie groot saal.

Om vir jouself te sien hoe die aand was, kyk die YouTube video hieronder of download die video podcast, komplimente van Die Avonture van Skaats de Wet Podcast HIER (regs-click en download).