31 October 2006

Die opstanding


Lank gelede het Jesus uit die dood opgestaan. Wat beteken dit vandag vir jou en vir my? Is die opstanding van Jesus uit die dood, vandag nog steeds vir ons as moderne gelowiges, belangrik?


Kom luister Sondag, 5 November om 18:29, by NeoGen na die diens oor die opstanding van Jesus uit die dood? Jy gaan feite hoor waaraan jy nog nie gedink het nie - feite wat jou met nuwe hoop en visie vir jou toekoms sal laat lewe.


Bring 'n vriend saam en kom kuier lekker na die tyd saam met ander jong gelowiges.


NeoGen - Kerk vir 'n nuwe generasie (wat die Here op 'n nuwe, energieke en kreatiewe manier wil dien).


Sien jou Sondag!

24 October 2006

Versoekings


Versoekings is iets wat elke mens hier op aarde beleef. Verskillende mense beleef verskillende goed as versoekings. Selfs 'n appeltjie het arme Adam en Eva die Paradys gekos! Sondag, 29 Oktober, praat ons oor versoekings. Wat is versoekings? Wie sit daaragter? Is dit 'n sonde om versoek te word? Kan mens dit oorwin?


Kom luister wat die Bybel hieroor te sĂȘ het. Ons diens begin stiptelik 18:29. Voor die tyd is daar cool video's van christelike bands. So knip jou slapie kort en kom na NeoGen - die kerk vir 'n nuwe generasie - soos jy!


Na die tyd kuier ons weer lekker oor 'n drink- en eetdingetjie! Sien jou daar!

10 October 2006

Die Eindtyd

Hierdie Sondag by NeoGen gesels ons oor die eindtyd: 1)Wanneer is die eindtyd? 2)Hoe sal dit plaasvind? en 3)Wat sal dit voorafgaan?

Die van julle wat verlede Sondagaand die diens bygewoon het sal weet dat ons hierdie kwartaal praat oor 'Ken Jou Retro' - om jouself en jou verlede beter te verstaan en so, as aktiewe Christen, 'n verskil te maak.


Die diens begin (soos altyd) stiptelik om 18:29. NeoGen DSG sal die praise en worship vooraf lei en ons sal na die tyd in Klub NeoGen bietjie dieper gesels oor die eindtyd (die wegraping / 666 / die duisendjarigevrederyk / ens.).


Sien jou daar!

07 October 2006

KEN JOU RETRO | NEOGEN 4de KWARTAAL

Hierdie Sondag by NeoGen - die launch van die NeoGen 4de Kwartaal, "Ken Jou Retro".

Hierdie kwartaal gaan daaroor om 'n verskil te maak, nie net in jou eie lewe nie maar ook in ander mense s'n. Ons kyk na die verlede, en hoe dit die huidige relevant maak. Dienste is vanaf 18:29 tot 19:29, waarna die wat wil verder kan gesels in Klub NeoGen.

DIE LINE-UP:
08/10 Ken Jou Retro
15/10 Die Eindtyd
22/10 Wonderwerke
29/10 Versoekings
05/11 Die Opstanding
12/11 New Age
19/11 Goud, Wierook en Miracles