11 December 2006

Wolf in...um...Kersvadersklere!

Ek was hierdie naweek maar net weer bewus gemaak van hoe Kersfees die punt net heeltemal mis sit...of eerder die mense wat van die kerstradisie gebruik maak. Ek was al vantevore bewus van dit, maar het dit nog nooit op so groot skaal agtergekom nie.

Ek en Natalie het Saterdag gaan inkopies doen (jy weet, DAAI inkopies wat ek nou op probeer neerkyk - jip... KERSINKOPIES!) Ons gaan toe Tygervallei toe... en dit gaan hectic daar. Duisende mense (letterlik) wat links en regs hardloop om geskenke te koop. Almal wil net spend.

Ry by Tygervallei en dan sit Kersvader op die 'booms', nogal op 'n GOUE troon en 'n glas in sy hand (dalk die holy grail - haha). By die prentjie staan daar "Moenie net daar sit en niks doen nie! Wees kreatief en kry vir jou familie iets vir Kersfees!" (ok eintlik moet ek nie quotation marks sit nie, aangesien dit nie presies is wat daar staan nie. Maar dit kom daarop neer!)

Ek was absoluut geskok! Goed, ek verstaan dat Kersfees inisiëel nie 'n Christelike vakansiedag was nie, dat dit eers 'n pagan fees was wat toe met die opkoms van Christenskap in die Weste ge-herkroon (excuse the pun) was, maar dit is asof dit nou meer van 'n consumerfest geword het as enigeiets anders. Soos enige tradisie of gewoonte sy doel en mening kan verloor met tyd indien daar nie spesifiek op gelet word nie, wil dit blyk of Kersfees ook die rigting gevolg het.

Dit was vir my Vrydagaand ook nogal opvallend toe ek en Emma gesels oor Kersversierings vir die ou boompie wat sy aangeskaf het. Dit wil voorkom of daar 'n ster is om bo-op te sit; selfs 'n Kersvader, maar daar word nie eens EEN enkele trace van Jesus in kommersiële winkels verkoop nie. Nie eens om onder die boom (of agter die boom for that matter) te sit nie! Nie dat ek sê daar moet wees nie, dit mag dalk bietjie vreemd lyk met Jesus bo-op die Kersboom, maar dis juis dié punt wat ek wil maak.

Ek dink dit is tyd dat ons as NeoGen die Christ terugsit in Christmas (sorry, ek moes net). Mense weet regtigwaar nie hoekom hulle Kersfees vier nie, en dit is ons verantwoordelikheid om die klein handjievol waarmee ons in kontak kom in te lig; nie noodwendig met woorde nie, maar dalk net met ons dade.

En ek moet daarby sê dat die duiwel nogals nie hard probeer het om homself weg te steek agter hierdie hele affêre nie... ek meen c'mon, Santa? Dis darem net te naby! (sorry, ek moes WEER net!)

08 November 2006

New Age


New Age: 'n Mode, 'n leefstyl, 'n yuppie-ding wat gekom het om ons lewe te verander? Iets wat onskuldig is of iets wat mens uiteindelik van die ware God (soos Jesus ons kom leer het) kan vervreem?

Besoek NeoGen Sondagaand om 08:29 en leer meer. Mense wat weet is mense wat die regte keuses en besluite kan maak.

NeoGenDSG gaan ons weer begelei met die Praise&Worship! So kom lekker vroeg om ook na die musiekvideo's te kyk!

Sien jou Sondagaand!

NeoGen - kerk vir die nuwe generasie.

31 October 2006

Die opstanding


Lank gelede het Jesus uit die dood opgestaan. Wat beteken dit vandag vir jou en vir my? Is die opstanding van Jesus uit die dood, vandag nog steeds vir ons as moderne gelowiges, belangrik?


Kom luister Sondag, 5 November om 18:29, by NeoGen na die diens oor die opstanding van Jesus uit die dood? Jy gaan feite hoor waaraan jy nog nie gedink het nie - feite wat jou met nuwe hoop en visie vir jou toekoms sal laat lewe.


Bring 'n vriend saam en kom kuier lekker na die tyd saam met ander jong gelowiges.


NeoGen - Kerk vir 'n nuwe generasie (wat die Here op 'n nuwe, energieke en kreatiewe manier wil dien).


Sien jou Sondag!

24 October 2006

Versoekings


Versoekings is iets wat elke mens hier op aarde beleef. Verskillende mense beleef verskillende goed as versoekings. Selfs 'n appeltjie het arme Adam en Eva die Paradys gekos! Sondag, 29 Oktober, praat ons oor versoekings. Wat is versoekings? Wie sit daaragter? Is dit 'n sonde om versoek te word? Kan mens dit oorwin?


Kom luister wat die Bybel hieroor te sê het. Ons diens begin stiptelik 18:29. Voor die tyd is daar cool video's van christelike bands. So knip jou slapie kort en kom na NeoGen - die kerk vir 'n nuwe generasie - soos jy!


Na die tyd kuier ons weer lekker oor 'n drink- en eetdingetjie! Sien jou daar!

10 October 2006

Die Eindtyd

Hierdie Sondag by NeoGen gesels ons oor die eindtyd: 1)Wanneer is die eindtyd? 2)Hoe sal dit plaasvind? en 3)Wat sal dit voorafgaan?

Die van julle wat verlede Sondagaand die diens bygewoon het sal weet dat ons hierdie kwartaal praat oor 'Ken Jou Retro' - om jouself en jou verlede beter te verstaan en so, as aktiewe Christen, 'n verskil te maak.


Die diens begin (soos altyd) stiptelik om 18:29. NeoGen DSG sal die praise en worship vooraf lei en ons sal na die tyd in Klub NeoGen bietjie dieper gesels oor die eindtyd (die wegraping / 666 / die duisendjarigevrederyk / ens.).


Sien jou daar!

07 October 2006

KEN JOU RETRO | NEOGEN 4de KWARTAAL

Hierdie Sondag by NeoGen - die launch van die NeoGen 4de Kwartaal, "Ken Jou Retro".

Hierdie kwartaal gaan daaroor om 'n verskil te maak, nie net in jou eie lewe nie maar ook in ander mense s'n. Ons kyk na die verlede, en hoe dit die huidige relevant maak. Dienste is vanaf 18:29 tot 19:29, waarna die wat wil verder kan gesels in Klub NeoGen.

DIE LINE-UP:
08/10 Ken Jou Retro
15/10 Die Eindtyd
22/10 Wonderwerke
29/10 Versoekings
05/11 Die Opstanding
12/11 New Age
19/11 Goud, Wierook en Miracles

24 August 2006

NeoGen Stel Voor :: COPELAND


Copeland is 'n alternative/emo band en kom oorspronklik van Lakeside, Florida af. Hulle het in 2000 begin en het al 2 vollengte albums, Beneath the Medicine Tree (2003) en In Motion (2005) uitgebring.
In 2003 het hulle hul eerste record deal gekry met Militia Records en sal op 31 Oktober dié jaar hul nuutste vollengte album, Eat, Sleep, Repeat uitbring.
Copeland is 'n band wat op mens groei. Hulle het 'n klank wat onmisbaar is deur hulle twee albums en vat mens so-te-se op 'n emosionele rollercoaster.
NeoGen stel voor jy gaan na hul purevolume site toe en gaan luister na hulle songs - www.purevolume.com/copeland - jy sal nie teleurgesteld wees nie. Die band het op ons gegroei en mag heel moontlik dieselfde met jou doen.
Check ook hierdie live performance van Copeland se lied California uit >>>




Indien jy weet van 'n cool band, boek of magazine, of enigeiets anders wat jou inspireer en Christelik van aard is, laat weet ons! SMS ons by 0847NEOGEN.

Hierdie Sondag in NeoGen :: GEEN GEWONE LIEFDE

Hierdie Sondag in NeoGen gaan ons kyk hoe 'n Legend in die Ou Testamentiese tyd, in moeilike omstandighede, deur God gelei is.

Verhale uit die Ou Testament kom soveel keer as verskriklike stories voor - soos bv. hoe iemand 'n hele leer mag platslaan met 'n donkie se kakebeen...
So kom dié Sondag en luister na 'n storie van iemand wat deur moeilike tye in God vertrou het en hoe hy haar tot by haar bestemming beskerm en lei.
0847 NeoGen! Kom die Sondag! 18:29 stiptelik...

13 August 2006

NeoGen stel voor | PLANETSHAKERS

Dis asof Australië die pas aangee as dit by Christen jeugbediening kom. Vanuit die land wat Hillsong United aan ons gebring het, kom daar nog 'n jeugbeweging wat weet hoe om die volume op te draai as dit by praise en worship kom (verskoon tog die lame pun...).

Planetshakers het in die 90s begin en het in 1997 hul eerste konferensie gehou, waarby 300 mense teenwoordig was. In 2004 het dit al gegroei tot en met 20,000 mense en Planetshakers is nou al wêreldbekend.

Hul populariteit is baie te danke aan hul praise en worship band, en hulle bring jaarliks nuwe praise en worship treffers uit. In hulle huidige repertoire is treffers soos Rain Down, Always and Forever en Arise.

Die nuutste Album, 'Pick It Up", is 'n dubbel CD pak en definitief dit werd om op te tel (weereens, die lame pun...). Dit is opgeneem by die mees onlangse Planetshakers konferensie en vat die entusiasme en passie vir Jesus op die album saam. Hulle het baie lekker-luister songs in 'n punk/rock styl, maar hou ook nie terug op die dieper worship songs nie.

NeoGen stel voor dat jy hierdie album deel van jou versameling maak. Om meer van Planetshakers uit te vind, gaan na www.planetshakers.com, of check die video hier onder uit.


02 August 2006

...SO IETS LYK ANDERS?

Verlede week kry ons 'n email van Petrus (DJ van Anticonformity - Radio Tygerberg): "Daar's iets fout met julle blog...".

So hier is 'n nuwe look vir 'n nuwe blog, maar nogsteeds dieselfde ou NeoGen. Die site is bietjie anders en iets om aan gewoond te raak, maar dit sal binnekort weer normaal wees.

Sien julle hierdie Sondag...

28 July 2006

HIERDIE SONDAG :: BLINDE VERTROUE


Sondagaand 18:29 Stiptelik
NeoGen – NGK Welgelegen

Verbeel jouself iemand wat jy nie so goed ken nie, vra vir jou om na haar te luister. Sy sê vir jou om alles te los wat jy het – al jou besittings, vriende en almal wat jy ken – en trek na ‘n nuwe land toe.

Sal jy luister na die persoon? Dis seker veilig om te sê dat 99% van ons nie sal nie, bloot omdat ons nie die persoon vertrou nie.

Die vreemde ding is dat God – Hy wat ons gemaak het – na ons toe kom en so te sê vra: “Um, ekskuus tog, ek wil net weet of ek dalk jou God mag wees?”.

Hierdie Sondag kyk ons na ‘n persoon uit die Bybel wat ook deur God genader is en gevra was om na God, wat hy skaars ken, te volg.

Vir baie mense is dit moeilik om te begryp dat sommige van ons sukkel om vir God te vertrou, maar mens sukkel baie maklik om dit reg te kry wanneer God ‘n ‘tall order’ by jou kom insit.

Kom hierdie Sondag… Dalk sien jy die lewe in perspektief

24 July 2006

NEOGENPLUS 3DE KWARTAAL

Hierdie kwartaal kyk ons na gebed: die hoekom, hoe, (tot) wie, wat, waarvoor, en wanneer. Ons gaan in die besonder die "Onse Vader" behandel.

Vir die van julle wat nog nie weet nie, NeoGen Plus kom weekliks bymekaar om saam te gesels oor Christenskap en mekaar te laat versterk in geloof.

Dié kwartaal lyk asvolg:



26 Julie Inleiding: (Gebed en hoekom ons bid)

2 Aug “Ons Vader wat in die hemel is”

9 Aug “Laat U koninkryk kom”

16 Aug “Laat U wil geskied”

23 Aug “Soos in die hemel so ook op die aarde”

30 Aug “Gee ons vandag ons daaglikse brood”

6 Sept “En vergeef ons al ons skulde soos ons die vergewe wat teen ons sondig”

13 Sept “Laat kom ons nie in die versoeking”

20 Sept “Maar verlos ons van die bose”

So kom gerus, jy sal met ‘n ander oog na die Onse Vader kyk!

Woensdae
19:15
NGK Welgelegen Konsistorie (langs die groot saal)

Enige navrae, SMS 0847NEOGEN.

21 July 2006

NEOGEN LEGENDS :: 3de KWARTAAL

Welkom by die 3de kwartaal van NeoGen. Hierdie kwartaal kyk ons na 'n paar van die legends in die Bybel en hoe hulle 'n verskil gemaak het.

Hierdie eerste Sondag het 'n hele paar verrassings in, so jy beter nie uitmis nie en ons hoop om jou daar te sien...

10 July 2006

UNDERØATH TREF HOOG

Dis een van die jaar se groot rock deurbrake…

UNDERØATH , ‘n vorige ‘NeoGen Band van die Week’, het hierdie week tevoorskyning gemaak as die #2 album op die Amerikaanse Billboard Album Chart.

Hierdie metal-core band het meer as 97,000 kopieë van hul nuwe album, Define the Great Line verkoop. Die album lê klem op die aanhoudende innerlike wroeging wat met geloof gepaard gaan.

DEFINE THE GREAT LINE is nou beskikbaar in jou naaste musiekwinkel, en is ‘n definitiewe goeie aankopie vir enige Christelike musiekversameling.

Vir meer inligting, SMS 0847NEOGEN | NeoGen: Kerk vir ‘n Nuwe Generasie

03 July 2006

HIERDIE WOENSDAG OP ANTICONFORMITY

Hierdie Woensdagaand op Anticonformity chat Petrus met Mark Hall van die band Casting Crowns.

Dit gaan weereens 'n baie cool show wees, so wees ingeskakel op 104FM om 21:00.

Casting Crowns is een van die voorste Christelike bands in die wêreld, en op 18 Julie is hulle hier in Kaapstad! Hulle gaan optree by die His Peoples kerk by N1 Stad en kaartjies in nou beskibaar by jou naaste Computicket, so gaan bespreek NOU voor dit te laat is!

:: NEOGEN LUISTER ANTICONFORMITY OP RADIO TYGERBERG 104FM ::

25 June 2006

POLL:: Christenskap en Musiek


Hoe voel jy oor musiek en Christenskap?
Musiek met slegte boodskappe maak nie van my 'n slegte Christen nie
Christelik of nie, solank dit 'n goeie boodskap het.
'n Goeie balans van Christelike musiek is nodig.
Christelik of niks! Dis of vir Jesus of teen Jesus.


24 June 2006

SWITCHFOOT :: NeoGen Band van die Week

Switchfoot is ‘n alternative rock band van San Diego, VSA af. Volgens guitarist Jon Foreman is die naam “Switchfoot” ‘n surfing term.

“Almal van ons in die band hou van surf en surf al ons hele lewe lank, so vir ons het die naam sin gemaak. Om jou voete om te ruil beteken om jou lewe om te draai en te staan vir die teenoorgestelde. Dit gaan oor verandering en beweging, ‘n ander manier om na die lewe te kyk.”

Switchfoot word deur baie gesien as ‘n Christelike, gospel band, maar die band het nog altyd neergekyk op hierdie ‘label’. “Ons was nog altyd baie oop en eerlik oor waar ons musiek vandaan kom. Ons musiek is vir almal en ons wil nie in ‘n boks geplaas word nie,” voeg Jon by.

Hulle nuwe CD, Nothing is Sound, word deur die band bestempel as “die belangrikste ding wat [hulle] nog ooit saam gedoen het”, en die album het merkwaardige lirieke. As jy lus is vir ‘n CD wat jou ‘n bietjie gaan laat dink is die een vir jou.

Musikaal is dit nie noodwendig beter as enige van hulle vorige material nie, maar Switchfoot se lirieke is niks kort van briljant nie. Soos een aanhanger die CD beskryf: “The band must have lived quite a lot of life since the last record because lyrically this record blows away any of their other albums.”

Om meer van Switchfoot te hoor, gaan na www.myspace.com/switchfoot of na www.purevolume.com/switchfoot. Vir meer inligting oor die band, gaan na www.switchfoot.com.



19 June 2006

NEOGEN OP RADIO TYGERBERG

Hierdie Woensdag is NeoGen op Radio Tygerberg se nuwe jeug show, Anticonformity. Ons gaan bietjie gesels oor die NeoGen jeugdiens en Alwyn se makeover op Pimp My Pastoor.

Ondersteun vir Alwyn en Steyn - hulle gaan dit nodig hê!


Luister na Radio Tygerberg op 104FM, of deur streaming audio vanaf Radio Tygerberg se website,
www.radiotygerberg.co.za. Anticonformity is Woensdagaande, 21:00 tot 22:00, en daar is elke week 'n cool gas op die show met kontemporêre Christelike musiek tussenin.

Hier onder is 'n uittreksel van Radio Tygerberg se website.

14 June 2006

UNDEROATH



NeoGen vat 'n lopie na die wilde kant van Christelike musiek. As jy die eerste keer luister na Underoath se skreeuende lirieke en harde distortion, is dit moeilik om te dink hulle is 'n Christelike band. Maar hierdie screamo/emo band van Tampa, Florida, is uit om 'n verskil te maak.

"Ek voel ek wil hê mense moet weet ons is 'n Christelike band," verduidelik voorsanger Spencer Chamberlain oor Underoath se voorneminge. "Maar
terselfdetyd hou ek nie daarvan om God of die feit dat ons Christene is te gebruik om meer albums te verkoop nie."

Die band voel hulle is uit om die gewone persepsie te verander deur die musiek wat hulle maak. "Vir ons is dit 'n vrees vir stereotipes," sê Aaron Gillespie van Underoath. "Soos, 'Jy is 'n Christen so jy kan nie my vriend wees nie'. Ek meen, Jesus het etes gehad saam met prostitute! Steeds definiëer Christenskap wie ons is".

Underoath se nuutste album, Define the Great Line, word vrygestel op die 20ste Junie, en beloof om 'n harder en beter as enige van hulle vorige albums te wees. As jy hou van screamo, geïntegreer met uitstekende emo melodie, is hierdie band vir jou. As jy nie baie hou van skree in musiek nie moet jy dalk die band 'n skip gee.

Om van hulle musiek te luister en te download (natuurlik legal, hoekom sal ons julle dan nou op die verkeerde pad lei?), gaan na www.myspace.com/underoath of na www.purevolume.com/underoath. Of as jy net meer wil uitvind oor Underoath, gaan na hulle offisiële website, www.underoath777.com.

13 June 2006

NeoGen POLL!!!

Hou jy van NeoGen DSG (Deur Sy Genade) se praise en worship songs? Neem deel in hierdie poll en sê jou sê! (Wanneer jy klaar gestem het sal jy die huidige uitslae sien. Om terug te kom na die NeoGen Website, druk net die back/terug pyltjie links bo by jou browser)

Wat is jou Gunsteling NeoGen DSG lied?
Wees by my
'n Lewe saam
Vir altyd vry


06 June 2006

RELIENT K


Alhoewel hulle al rock-star status in die VSA bereik het, is Relient K se gewildheid in Suid Afrika nog besig om teen ‘n vinnige tempo te groei. Die band het sy naam gekry vanaf een van die lede se ou “betroubare” kar.

“Ek kan nog goed onthou toe ek 8 was, hoe ek drome vir die toekoms gehad het as ‘n rock star,” sê Matt Thiessen, sanger en guitarist van Relient K. “Dit was, natuurlik, in 1988, en aan die einde van MTV se spandex broeke / gepermde haar era. My definisie van ‘n rock star was ‘n ou wat soos ‘n meisie voorkom met lang wilde hare, stywe leopard skin klere en ‘n keytar (‘n keyboard guitar) in die hand.”

Relient K het al vêr gegaan van daardie dae af en hulle nuutste album, Apathetic, is enigeiets behalwe pathetic, ‘n samevatting van ‘n paar van hul beste liedjies in Acoustic. “Half of me is all about apathy, and the other half just doesn’t care,” sing Matt oor ons generasie se ongewilligheid om onsself tot iets te toe te wy.

Indien jy hou van bands soos Blink-182, MxPx of Fallout Boy is hierdie band net vir jou. Reliant K sing meestal oor issues waarmee ons daagliks in aanraking kom, met sterk Christelike waardes wat elke nou en dan sy kop uitsteek.

Hulle laaste LP, Mmhmm, is uitstekend met energieke lirieke wat vloei tot in dieper, rustiger liedjies, en hulle nuutste album "Apathetic", maak dat hulle definitief ‘n band is wat jy moet uitcheck. Hul CD’s word verkoop by meeste groot musiekwinkels.

Check hulle uit by www.relientk.com of op MySpace.

VIR MEER INLIGTING>> SMS 0847 NEOGEN



29 May 2006

NEOGEN INTERROGATION ROOM - JOHAN

Hierdie is 'n nuwe section op die NeoGen website, met die doel om ons almal 'n bietjie meer in te lig oor die mense wat betrokke is by die NeoGen jeugbediening. Ons eerste slagoffer is Johan Strydom, guitarist en vocalist in NeoGen DSG. Ons het 'n paar vreemde vrae gevra, maar nog baie meer vreemde antwoorde teruggekry...















Check Johan en NeoGenDSG uit elke Sondagaand, 18:30, by NeoGen: Kerk vir 'n Nuwe Generasie.

22 May 2006

DIENS OOR F*KOFPOLISIEKAR SE UITSPRAKE


Hierdie komende Sondag (21 Mei) gaan Ds. GP Kellerman 'n diens hou oor die onlangse uitsprake van Wynand Myburgh teen God en ook Christenskap.

Daar sal uit 'n ander oogpunt gekyk word en die diens vorm deel van Pinkster. Praise en worship sal deur NeoGenDSG 18:30 in die NeoGen saal gelei word, waarna almal na die groter saal beweeg vir die diens deur ds. GP.

Ons hoop om jou daar te sien. Dit mag dalk net interessant raak...


18 May 2006

NeoGen kry 'n Selgroep!

Op Woensdag 24 Mei is dit die begin van NeoGenPLUS, ‘n selgroep program wat beoog om bietjie dieper in die Christelike geloof te delf.

NeoGen HG is ‘n poging om nie net geestelik te begin groei nie, maar ook Christelike ondersteuning te ervaar. Dit vind Woensdagaande om 19:00 plaas in die NGK Welgelegen konsistorie.

Daar is geen ouderdomsbeperking vir NeoGenPLUS nie, maar daar word tog op ‘n mate van toewyding aangedring. Ons sien uit daarna om saam met julle geestelik te groei!

Vir meer inligting, SMS 0847 NEOGEN.

17 May 2006

NAPOLEON DYNAMITE KLUB NEOGEN BRAAI


Wat alles aangegaan het op die eerste Klub NeoGen braai...
Click om vergrootte weergawe te sien

Wessel en die crew wys met trots hul "kunswerk"



Twee woorde: Blue Steel



Die NeoGen / Napoleon Dynamite Wall-of-Fame... of is dit Shame?



NeoGen DSG



Johan, Robert en Dietmar


15 May 2006

Wat's die Storie na die Naweek?

Saterdagaand was die heel eerste Klub NeoGen braai gehou by die NeoGen saal. Napoleon Dynamite het gespeel om die scene te set en was geondersteun deur vreemde tekeninge deur tieners, wat die kerk op die ou end meer soos die Kinderkrans laat lyk het!

Dankie aan almal wat gekom het. Dis awesome om te sien dat jongmense ‘n aand van die naweek sal opoffer vir die Here. Verder het NeoGen DSG weereens gerock en het die aand gemaak. En aan die wat nie daar was nie, WAAR WAS JULLE? Foto’s van die braai sal binnekort op die website verskyn.

Sondag wat nou verby is het ons gepraat oor dwelms, iets waarmee ons almal (of seker meeste van ons al gekonfronteer was). Die praise en worship was cool, met Ben wat ‘n paar woorde omgeruil het (ja, die band is ook maar net mense!) en Sybie wat homself heel inleef met sy Worshipdansies.

Hierdie Sondag (die 21ste Mei) maak NeoGen ‘n draai anderkant die treinspoor met die onderwerp: “Klasisme en my Kommin Bure”. Het jy al ooit gesê: “Jis het jy daai ou se mullet gesien? Hy is seker ‘n panelbeater,” ? Kom saam as ons gesels oor die tipe rasisme wat ongelukkig baie meer aanvaarbaar onder mense van vandag is... en nie regtig gesien word as rasisme nie.

En dan op ‘n ander noot… Al die kaartjies vir Hillsong United se United We Stand toer na Suid Afrika is uitverkoop. Ons hoop jy het kaartjies gekry, want ons is seker dit gaan ‘n onvergeetlike aand wees.

As julle enigeiets verder wil weet, moenie huiwer om ons te SMS by 0847 NEOGEN (636 436) nie! Ons sal julle so gou moontlik probeer beantwoord op enige vrae wat jy het.

09 May 2006

HILLSONG UNITED IN KAAPSTAD

Toe ons by NeoGen hoor dat Hillsong United na Suid Afrika toe kom was ons ekstaties. Toe ons hoor hulle gaan nie na Kaapstad toe kom nie was ons :-(

Wel hulle het toe besluit om Kaapstad toe te kom! So dis super - en ons wil hê julle moet ALMAL saamkom. Ongelukkig is kaartjies beperk, so gaan koop dit nou! NeoGen sal 'n bussie organiseer wat ons soontoe en terug sal neem... so waarvoor wag jy? Kom saam!!!

Datum:
Dinsdag 6 Junie
Plek: His People's Kerk in N1 Stad
Tyd: Ons vertrek 18:00 vanaf NGK Welgelegen
Koste: Dit kos maar R67 'n kaartjie, so kom asb saam!

Vir meer inligting, SMS 0847 NEOGEN

06 May 2006

Beat the Drum


Die lewensverwagting van mense in Afrika is 36 jaar...

Jy kan help om dit te verbeter! Kom saam na Zambia en leer kinders van Jesus en Vigs. Een duisend mense is nodig om dit te laat werk!

Datum: 24 Junie-15 Julie 2006.

Bel of SMS 0847NEOGEN en Beat the Drum vir meer info, of gaan na www.beatthedrum.net om meer uit te vind.

05 May 2006

Welkom by die eerste NeoGen BLOG

Dagsê aan almal wat die HEEL HEEL HEEL eerste NeoGen blog lees...

Ons wil julle graag op hoogte hou van alles wat aangaan in NeoGen so in die toekoms as julle oor enigeiets wonder, moenie eers 2 keer dink om te kom kyk nie...

Wel soos julle almal weet het ons 'n hardcore tweede kwartaal begin, een waar ons na bietjie meer heavy topics kyk en probeer vasstel hoe mens as Christen in die moderne wêreld daarmee deel. Om af te skop het ons gepraat oor dit wat sekerlik een van die moeilikste onderwerpe in Christenskap is - seks - moeilik nie net omdat dit iets is wat almal skaam maak nie, maar ook as gevolg van die verskillende interpretasies wat mens kan hê van dit wat in die Bybel staan.

Die onderwerp het 'n groot debat veroorsaak binne NeoGen - oor wanneer dit reg is en hoe vêr te vêr is en hoekom dit verkeerd is om in die eerste plek die "hoe vêr" mentaliteit te hê. Al daai dinge wat mens altyd oor wonder. Ben, Steyn en Alwyn het veral baie lank gesels daaroor en iets gee my die gevoel dat daar nog baie is om oor te praat...

So hierdie komende Sondag (7 Mei) praat ons oor PORN. Ja, jy weet. Daai goed wat jy in jou kas, op jou rekenaar of selfs net agter in jou kop wegsteek... Steyn gaan ons bietjie meer vertel oor sy experiences met porn en hoe God dit gebruik het om hom nader te bring aan Christus. Moet dit nie misloop nie, dit gaan weereens 'n super diens wees.

Ons hoop om julle almal by NeoGen te sien, en o ja voor ek vergeet, Saterdag die 14de Mei gaan ons 'n KILLER braai hou by die NeoGen saal... ALMAL IS WELKOM! So bring 'n vleisie en kom geniet die aand saam met ons. Die tema is Napoleon Dynamite (net om dinge interessant te maak - jy hoef nie so aan te trek nie!) en dan sien ons julle dan!


Tjeers julle en sien julle.