24 June 2006

SWITCHFOOT :: NeoGen Band van die Week

Switchfoot is ‘n alternative rock band van San Diego, VSA af. Volgens guitarist Jon Foreman is die naam “Switchfoot” ‘n surfing term.

“Almal van ons in die band hou van surf en surf al ons hele lewe lank, so vir ons het die naam sin gemaak. Om jou voete om te ruil beteken om jou lewe om te draai en te staan vir die teenoorgestelde. Dit gaan oor verandering en beweging, ‘n ander manier om na die lewe te kyk.”

Switchfoot word deur baie gesien as ‘n Christelike, gospel band, maar die band het nog altyd neergekyk op hierdie ‘label’. “Ons was nog altyd baie oop en eerlik oor waar ons musiek vandaan kom. Ons musiek is vir almal en ons wil nie in ‘n boks geplaas word nie,” voeg Jon by.

Hulle nuwe CD, Nothing is Sound, word deur die band bestempel as “die belangrikste ding wat [hulle] nog ooit saam gedoen het”, en die album het merkwaardige lirieke. As jy lus is vir ‘n CD wat jou ‘n bietjie gaan laat dink is die een vir jou.

Musikaal is dit nie noodwendig beter as enige van hulle vorige material nie, maar Switchfoot se lirieke is niks kort van briljant nie. Soos een aanhanger die CD beskryf: “The band must have lived quite a lot of life since the last record because lyrically this record blows away any of their other albums.”

Om meer van Switchfoot te hoor, gaan na www.myspace.com/switchfoot of na www.purevolume.com/switchfoot. Vir meer inligting oor die band, gaan na www.switchfoot.com.



No comments: