14 June 2006

UNDEROATH



NeoGen vat 'n lopie na die wilde kant van Christelike musiek. As jy die eerste keer luister na Underoath se skreeuende lirieke en harde distortion, is dit moeilik om te dink hulle is 'n Christelike band. Maar hierdie screamo/emo band van Tampa, Florida, is uit om 'n verskil te maak.

"Ek voel ek wil hê mense moet weet ons is 'n Christelike band," verduidelik voorsanger Spencer Chamberlain oor Underoath se voorneminge. "Maar
terselfdetyd hou ek nie daarvan om God of die feit dat ons Christene is te gebruik om meer albums te verkoop nie."

Die band voel hulle is uit om die gewone persepsie te verander deur die musiek wat hulle maak. "Vir ons is dit 'n vrees vir stereotipes," sê Aaron Gillespie van Underoath. "Soos, 'Jy is 'n Christen so jy kan nie my vriend wees nie'. Ek meen, Jesus het etes gehad saam met prostitute! Steeds definiëer Christenskap wie ons is".

Underoath se nuutste album, Define the Great Line, word vrygestel op die 20ste Junie, en beloof om 'n harder en beter as enige van hulle vorige albums te wees. As jy hou van screamo, geïntegreer met uitstekende emo melodie, is hierdie band vir jou. As jy nie baie hou van skree in musiek nie moet jy dalk die band 'n skip gee.

Om van hulle musiek te luister en te download (natuurlik legal, hoekom sal ons julle dan nou op die verkeerde pad lei?), gaan na www.myspace.com/underoath of na www.purevolume.com/underoath. Of as jy net meer wil uitvind oor Underoath, gaan na hulle offisiële website, www.underoath777.com.

No comments: