15 May 2006

Wat's die Storie na die Naweek?

Saterdagaand was die heel eerste Klub NeoGen braai gehou by die NeoGen saal. Napoleon Dynamite het gespeel om die scene te set en was geondersteun deur vreemde tekeninge deur tieners, wat die kerk op die ou end meer soos die Kinderkrans laat lyk het!

Dankie aan almal wat gekom het. Dis awesome om te sien dat jongmense ‘n aand van die naweek sal opoffer vir die Here. Verder het NeoGen DSG weereens gerock en het die aand gemaak. En aan die wat nie daar was nie, WAAR WAS JULLE? Foto’s van die braai sal binnekort op die website verskyn.

Sondag wat nou verby is het ons gepraat oor dwelms, iets waarmee ons almal (of seker meeste van ons al gekonfronteer was). Die praise en worship was cool, met Ben wat ‘n paar woorde omgeruil het (ja, die band is ook maar net mense!) en Sybie wat homself heel inleef met sy Worshipdansies.

Hierdie Sondag (die 21ste Mei) maak NeoGen ‘n draai anderkant die treinspoor met die onderwerp: “Klasisme en my Kommin Bure”. Het jy al ooit gesĂȘ: “Jis het jy daai ou se mullet gesien? Hy is seker ‘n panelbeater,” ? Kom saam as ons gesels oor die tipe rasisme wat ongelukkig baie meer aanvaarbaar onder mense van vandag is... en nie regtig gesien word as rasisme nie.

En dan op ‘n ander noot… Al die kaartjies vir Hillsong United se United We Stand toer na Suid Afrika is uitverkoop. Ons hoop jy het kaartjies gekry, want ons is seker dit gaan ‘n onvergeetlike aand wees.

As julle enigeiets verder wil weet, moenie huiwer om ons te SMS by 0847 NEOGEN (636 436) nie! Ons sal julle so gou moontlik probeer beantwoord op enige vrae wat jy het.

No comments: