27 June 2006
25 June 2006
24 June 2006
SWITCHFOOT :: NeoGen Band van die Week
Switchfoot is ‘n alternative rock band van
“Almal van ons in die band hou van surf en surf al ons hele lewe lank, so vir ons het die naam sin gemaak.
Switchfoot word deur baie gesien as ‘n Christelike, gospel band, maar die band het nog altyd neergekyk op hierdie ‘label’. “Ons was nog altyd baie oop en eerlik oor waar ons musiek vandaan kom. Ons musiek is vir almal en ons wil nie in ‘n boks geplaas word nie,” voeg Jon by.
Hulle nuwe CD, Nothing is Sound, word deur die band bestempel as “die belangrikste ding wat [hulle] nog ooit saam gedoen het”, en die album het merkwaardige lirieke. As jy lus is vir ‘n CD wat jou ‘n bietjie gaan laat dink is die een vir jou.
Musikaal is dit nie noodwendig beter as enige van hulle vorige material nie, maar Switchfoot se lirieke is niks kort van briljant nie. Soos een aanhanger die CD beskryf: “The band must have lived quite a lot of life since the last record because lyrically this record blows away any of their other albums.”
19 June 2006
NEOGEN OP RADIO TYGERBERG
Ondersteun vir Alwyn en Steyn - hulle gaan dit nodig hê!
Luister na Radio Tygerberg op 104FM, of deur streaming audio vanaf Radio Tygerberg se website, www.radiotygerberg.co.za. Anticonformity is Woensdagaande, 21:00 tot 22:00, en daar is elke week 'n cool gas op die show met kontemporêre Christelike musiek tussenin.
Hier onder is 'n uittreksel van Radio Tygerberg se website.
14 June 2006
UNDEROATH
NeoGen vat 'n lopie na die wilde kant van Christelike musiek. As jy die eerste keer luister na Underoath se skreeuende lirieke en harde distortion, is dit moeilik om te dink hulle is 'n Christelike band. Maar hierdie screamo/emo band van Tampa, Florida, is uit om 'n verskil te maak.
"Ek voel ek wil hê mense moet weet ons is 'n Christelike band," verduidelik voorsanger Spencer Chamberlain oor Underoath se voorneminge. "Maar terselfdetyd hou ek nie daarvan om God of die feit dat ons Christene is te gebruik om meer albums te verkoop nie."
Die band voel hulle is uit om die gewone persepsie te verander deur die musiek wat hulle maak. "Vir ons is dit 'n vrees vir stereotipes," sê Aaron Gillespie van Underoath. "Soos, 'Jy is 'n Christen so jy kan nie my vriend wees nie'. Ek meen, Jesus het etes gehad saam met prostitute! Steeds definiëer Christenskap wie ons is".
Underoath se nuutste album, Define the Great Line, word vrygestel op die 20ste Junie, en beloof om 'n harder en beter as enige van hulle vorige albums te wees. As jy hou van screamo, geïntegreer met uitstekende emo melodie, is hierdie band vir jou. As jy nie baie hou van skree in musiek nie moet jy dalk die band 'n skip gee.
Om van hulle musiek te luister en te download (natuurlik legal, hoekom sal ons julle dan nou op die verkeerde pad lei?), gaan na www.myspace.com/underoath of na www.purevolume.com/underoath. Of as jy net meer wil uitvind oor Underoath, gaan na hulle offisiële website, www.underoath777.com.
13 June 2006
NeoGen POLL!!!
06 June 2006
RELIENT K
Alhoewel hulle al rock-star status in die VSA bereik het, is Relient K se gewildheid in Suid Afrika nog besig om teen ‘n vinnige tempo te groei. Die band het sy naam gekry vanaf een van die lede se ou “betroubare” kar.
“Ek
Relient K het al vêr gegaan van daardie dae af en hulle nuutste album, Apathetic, is enigeiets behalwe pathetic, ‘n samevatting van ‘n paar van hul beste liedjies in Acoustic. “Half of me is all about apathy, and the other half just doesn’t care,” sing Matt oor ons generasie se ongewilligheid om onsself tot iets te toe te wy.
Indien jy hou van bands soos Blink-182, MxPx of Fallout Boy is hierdie band net vir jou. Reliant K sing meestal oor issues waarmee ons daagliks in aanraking kom, met sterk Christelike waardes wat elke nou en dan sy kop uitsteek.
Hulle laaste LP, Mmhmm, is uitstekend met energieke lirieke wat vloei tot in dieper, rustiger liedjies, en hulle nuutste album "Apathetic", maak dat hulle definitief ‘n band is wat jy moet uitcheck. Hul CD’s word verkoop by meeste groot musiekwinkels.
Check hulle uit by www.relientk.com of op MySpace.
VIR MEER INLIGTING>> SMS 0847 NEOGEN